Riana Knouwds

Michaelstraat 2,
Risiville, Vereeniging

Arbeidsterapeut
in Vereeniging

Kind wat arbeidsterapie ontvan by gekwalifiseerde arbeidsterapeut
Terug na Hoofblad

Tel: 016 4231205
Cell: 072 1965 230

Arbeidsterapie en die werk

van die arbeidsterapeut

Die dinge wat jy doen (en die manier waar-op jy dit doen) het noodwendig ‘n invloed op jou lewe. Indien jy, byvoorbeeld, sukkel met daaglikse aktiwiteite soos skryf, aan-trek, konsentreer, balanseer of fisiese aktiwiteite, het dit dikwels ‘n negatiewe effek op jou selfvertroue, jou selfbeeld en jou interpersoonlike verhoudings. Indien jy nie effektief is in wat jy doen nie, word jou lewenskwaliteit noodwendig negatief daardeur beïnvloed.

Dis juis hierdie effek wat aksies/take/arbeid op ‘n mens se lewe het wat die uitgangs-punt van arbeidsterapie is. Daarom verwys die “arbeid” in arbeidsterapie na baie meer as werk (soos in ‘n beroep) wat jy doen. Dit verwys na enigiets wat jy doen – vanaf basiese vaardighede (soos eet, klere aantrek, skryf) tot meer komplekse rolle soos ouerskap en ‘n beroep. En die arbeidsterapeut se rol is om mense wat met enige van hierdie take sukkel, te help om meer funksioneel te word.

Iemand het dit as volg gestel: “Occupational Therapy retrains the body and brain to function more easily and efficiently with the tasks of everyday life. Treatment focuses on the use of functional activities that are required to successfully participate in school, sports, play, work and routine tasks of daily living like dressing, organizing a back pack and transitioning between activities.”

Daarom is arbeidsterapeute eintlik “funk-sionele terapeute”, dit is, professionele persone wat ander mense help om meer funksioneel te word of die lewe meer suksesvol te hanteer. Die hulp wat hulle bied, kan dan op enige aspek van jou lewe wees waar jy een of ander taak of funksie moet vervul, onder andere selfversorging, werksaanpassings, beplanning van alledaagse take, beter skoolprestasie, haakplekke in sensoriese waarnemings en interpersoonlike verhoudings

Dit beteken dus dat die arbeidsterapeut jou oor ‘n baie breë spektrum van aktiwiteite kan help om groter selfstandigheid, hoër effektiwiteit en meer lewensvervulling te beleef. Anders gestel: die arbeidsterapeut werk oor ‘n breë veld om jou potensiaal te ontsluit... sodat jy binne jou omstandig-hede en vermoëns optimaal kan funksioneer.

Sommige van die velde waarin die arbeidsterapeut werk:

  1. Die arbeidsterapeut help mense om hulle fisies-liggaamlike funksionaliteit te verbeter (byvoorbeeld ‘n volwassene wat ‘n beroerte gehad het, ‘n kind wat ‘n fisiese gebrek het, ‘n persoon wat ‘n amputasie gehad het, iemand wat handbeserings opgedoen het of ‘n baba wat voedingsprobleme ervaar);
  2. Die arbeidsterapeut kan ook fokus op vaardighede wat persone in hul daaglikse take help (byvoorbeeld volwassene wat met geheueverlies moet leer saamleef, kinders wat sukkel om te konsentreer en daarom nie optimaal op skool kan presteer nie, ouers wat sukkel om kinders te dissiplineer);
  3. Die arbeidsterapeut help om die omgewing te verander met die oog op beter funksionering (byvoorbeeld om huise meer toeganklik te maak vir rolstoelmense, om aanpassings te maak wat die risiko vir val by ouer mense beperk, om sensoriese omgewings te skep wat negatiewe gedrag by mense met gebreke verminder, of om werksplekke in te rig om beserings te beperk);
  4. Die arbeidsterapeut gebruik psigo-sosiale benaderings om mense met psigiese probleme te help (byvoorbeeld deur aktiwiteite aan te bied wat angs verminder, deur hul selfbeeld te verbeter of deur hul denkvaardighede te verbreed)
  5. Die arbeidsterapeut help ook persone om aanpassings aan apparaat te maak of apparate te vind wat hulle help om beter te funksioneer (byvoorbeeld krane wat aangepas word vir mense met artritis, spalke wat kontrakture voorkom of looprame vir serebraal gestremde kinders).
  6. Die arbeidsterapeut help kinders van alle ouderdomsgroepe met die ontwikkeling van vaardighede vir hulle daaglikse aktiwiteite (onder andere selfversorging, skoolwerk, spel, ontspanning en sosiale vaardighede).
  7. Die arbeidsterapeut help beide kinders en volwassenes wat sensories defensief (oorsensitief vir klank, tas, lig, ensovoorts) is, om hulleself beter te reguleer sodat hulle hul omgewing beter kan bestuur.

Om hierdie dienste te lewer, word die arbeidsterapeut opgelei in die psigiese, motoriese, neurologiese, sosiale en ontwikkelings aspekte van menswees. Die opleiding word sodanig gedoen dat hulle in hulle werk:

  1. Persoonsgerig werk, dit is, dat hulle kan uitvind wat vir jou belangrik is en dan saam met jou doelwitte vir die terapie ontwikkel;
  2. ‘n Geheelbenadering tot menswees kan volg, dit is, waarin rekening gehou word met die interaksie tussen jou binnewêreld (motivering, persoonlik-heid, oortuigings, ens.) en jou buite-wêreld (sosiale ondersteuning, fisiese omstandighede, kulturele norme, ens.);
  3. Jou met ‘n verskeidenheid metodes en benaderings kan help óf om te rehabiliteer (= om verlore vermoëns te herstel) óf om aan te pas (= om aan te pas by uitdagings, gebreke of siektes) óf om voorkomend op te tree (= om verdere agteruitgang te beperk); en
  4. Aktiewe en kreatiewe terapeutiese tegnieke (soos spel en skeppende aktiwiteite) gebruik om jou in ‘n proses te betrek wat jou die terapie meer laat geniet en jou meer laat waag. En jou daarom help om optimaal binne jou omgewing te funksioneer en aan die lewe deel te neem.

Binne die breë wêreld van arbeidsterapie spesialiseer arbeidsterapeute dikwels in verskillende areas, byvoorbeeld in sensoriese integrasie, ledemaat rehabilitasie, hulpmiddels, babas, kinders, volwassenes, ensovoorts.

Meer oor my praktyk Terug na hoofblad