Tel.: 016 423 1205
Sel:  072 1965 230

Arbeidsterapeut.co.za © All Rights Reserved.  Privacy Policy | Terms of Use

Tuisblad. Arbeidsterapie. Preemies. Babas. Kinders. Volwassenes. Kontak my.... Vrae & Artikels.
Ons leef in ‘n wêreld waarin daar baie voorwerpe bestaan en waarin daar baie dinge gebeur. Ons sintuie maak dit dan moontlik om die prikkels uit ons omgewing op te vang en ons sodoende in staat te stel om bewus te wees van wat in ons omgewing aangaan (= om ons omgewing waar te neem)

Anders as wat tevore geleer is, is daar 7 sintuie waardeur die prikkels opgevang word:
1.      Ons maak dit moontlik om te sien wat in ons omgewing aangaan. Die ligprikkels word deur die sensors in die oë opgevang en via die sensoriese senuwees na die brein gestuur. Dis belangrik om te verstaan dat hierdie prikkels slegs elektro-chemiese impulse is - sonder enige betekenis. En dat dit in ‘n deurlopende stroom van prikkels na die brein gestuur word.
2.      Ons ore stel ons in staat om te hoor. Die sensors in die ore vang die klanke op en stuur dit in ‘n aanhoudende stroom van prikkels na die brein.
3.      Ons neus tel die reuke/geure in ons omgewing op en stuur die inligting daaroor deurlopend na die brein.
4.      Die tassintuie in ons vel registreer alle prikkels wat daarop uitgeoefen word (byvoorbeeld aanraking, koue, hitte, windbeweging, ens.) en stuur dit na die brein.
5.      Die smaakorgane op ons tong registreer verskillende smake van kosse wat ons eet of drankies wat ons drink. Hierdie inligting word dan deurlopend (selfs al is ons nie besig om te eet nie) na die brein gestuur.
6.      Die vestibulêre sisteem (wat in die binne-oor gesetel is) registreer inligting oor beweging waaraan die liggaam onderwerp word (byvoorbeeld oor die beweging en vibrasies terwyl jy in ‘n motor ry), asook die balans of wanbalans waaran die liggaam onderwerp word (byvoorbeeld as jy op ‘n springmat spring).
7.      Die proprioseptiewe orgaantjies is orals in ons gewrigte geleë. Hierdie orgaantjies gee deurlopend inligting aan die brein oor die spiere se tonus (sametrekking, spanning en verslapping), asook oor die liggaam se posisie in die ruimte (waar my voete, kop, ens. is).

Indien daar dan fout is met een van hierdie sintuie, is dit net soveel moeiliker om bewus te wees wat in ons omgewing aangaan of reg daarop te reageer. Die ooglopende voorbeeld hiervan is dat iemand wat blind of doof is ‘n probleem het om die omgewing reg waar te neem. Daar is egter baie ander moontlikhede ook, onder andere die volgende:
*        Wanneer die spiere nie die oog in die regte posisie hou nie, ontwikkel kinders dubbel visie. Of die spiere kan nie die oë reg laat beweeg sodat die opeenvolgende woorde gevolg kan word nie. Of die oë fokus nie op dieselfde plek nie (konvergeer nie). Gevolglik sal die kind nie visueel reg kan waarneem nie en sal hy onder andere sukkel om te lees.
*        Wanneer ‘n kind vog op die ore ontwikkel (byvoorbeeld as gevolg van verkoues, sinisitus en infeksies) kry hulle nie die regte inligting nie en ontwikkel hulle swaartekrag onsekerheid en balans steurnisse.

Die feit is net dat enige gebreke by enige van die reseptore daartoe lei dat die waarneming nie effektief is nie. Omdat die kind nie genoegsame of korrekte inligting van die reseptore af ontvang nie raak sy gedrag onvanpas of gedisorganiseerd raak.

Maar daar is baie meer aan hierdie proses....
Ontsluit die wêreld vir die kind...
Elke ouer wil graag hê dat sy kind goed moet vaar op skool. En tog gebeur dit dikwels dat hulle moet toekyk hoe hul kinders sukkel om die mas op te kom. Ten spyte van al hul moeite (en selfs ekstra klasse!) is dit net asof die kind nie ryp genoeg is om die werk te kan hanteer nie.
Sulke probleme met skoolgereedheid of skoolrypheid het nie noodwendig te make met hoe slim die kind is nie (dit is, hoe hoog sy IK is nie!). Dit het meer kere te make met die manier waarop die brein die prikkels uit die omgewing waarneem, dit interpreteer en dan beplan hoe om daarop te reageer (hoe om op te tree).
Miskien sal bogenoemde stelling beter verstaanbaar word as jy in meer besonderhede na die proses kyk:
Wenner boeke oor sensoriese integrasie...

Carol Kranowitz is een van die wêreld se voorste kenners oor sensoriese integrasie. Sy is veral bekend vir die manier waarop sy ouers toerus om kinders wat met sensoriese integrasie sukkel, te help. In haar boeke gee sy jou insig, hoop en praktiese hulp om jou kind se potensiaal die beste te ontplooi.
In “The out of sync child” help sy ouers om die vreemde wêreld van sensoriese integrasie beter te verstaan en die simptome van sensoriese probleme by kinders beter te identifiseer - op enige van die 5 hoofareas waarin dit voorkom.
Sy gee ook duidelike, praktiese riglyne vir hulp in elkeen van die belangrikste sfere waarin kinders met sensoriese probleme hulp nodig het: by die huis, by die skool, in die bestuur van hulle innerlike ervarings en in hulle interpersoonlike verhoudings.
Aan die einde van die boek sal ouers met ander oë na hulle kinders kyk, die ervaring van hul leefwêreld beter verstaan en bemagtig voel om hulle te help om op nuwe, meer effektiewe maniere op hulle omgewing te reageer.
In “The out of sync hild has fun” lê Kranovich klem op die feit dat kinders met sensoriese probleme baie harder moet konsentreer om reg op hulle omgewing te reageer. Gevolglik sukkel hulle om die lewe te geniet. Daarom is haar fokus in hierdie boek op aktwiteite wat die kind help om sy/haar sensoriese vaardighede te verbeter.... en dit terselfdertyd te geniet!
In die boek gebruik sy ‘n eenvoudige formule wat ouers help om die regte aktiwiteite vir die kind te beplan. Die aktiwiteite wat sy aanbeveel, werk beide by die huis en die skool, dit verhoog die genot wat die kind beleef en dit help ouers om tegelykertyd die onderliggende probleme van die kind aan te spreek.